Dwaasheid is partykeer wysheid
top of page

Dwaasheid is partykeer wysheid


Paulus skryf in 1 Korintiërs 1 dat die kruis dwaasheid is vir baie mense. Het jy al ooit stilgestaan by die betekenis van hierdie woorde? Of by sy ewe uitdagende woorde in 2 Korintiërs 13 dat Jesus in swakheid aan die kruis gehang het. Dwaasheid en swakheid – dis die woorde waarmee die grootste reddingsgebeure in die heelal se geskiedenis omskryf word. Dit maak nie eintlik sin nie. Menslik gesproke hang die Koning van die heelal nie aan ‘n houtkruis nie. Tog kies Jesus juis hierdie vernederende roete – een wat in die oë van die wêreld na pure dwaasheid lyk. Maar juis op hierdie vreemde manier word God se krag in die wêreld geopenbaar. Wanneer Jesus magteloos aan die kruis hang, ontvou aardskuddende hemelse redding. Dwaasheid is ‘n kenmerk van die evangelie. Wat sê dit vir ons? Wel, minstens dat ons onsself moet stroop van ons vooropgestelde idees oor die evangelie as ‘n menslike suksesverhaal en ‘n groot magsvertoning. Dit vra ook dat ons op die dwaasheid-roete moet stap saam met Jesus. Dit gaan nie maak dat ons al die gewildheidskompetisies wen nie, maar dit gaan ons wel op die enigste koers plaas met ‘n Eindbestemming, daardie een agter die Goeie Herder aan.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page