Dáárom kan ek sing [resensie]
top of page

Dáárom kan ek sing [resensie]


Die boek is gebore uit die hartseer van ‘n dogter wat haar eie lewe neem nadat die verinnewering wat die lewe haar pad langs gebring het te veel vir haar geword het. As predikant het Johann vanaf die kansel die paadjie verduidelik wat die Here met hom en sy huismense loop, ‘n pad van genade, ná se dogter se dood.

Die boek is dan ook in verskillende dele ingedeel wat iets van hierdie pad weergee. Dit begin by die seerkry in lyding. Die volgende is die vraag wat ‘n mens so dikwels stel wanneer die slegte dinge gebeur: Hoekom tref dit goeie mense? ‘n Vraag wat jou geloof uitdaag sodat jy met tye begin twyfel of jy nog in God glo. Langs die pad het jou lied verlore gegaan. Maar mettertyd vind jy uit: al het jy gedink jy het die Here verloor, het Hy nie sy hand van jou weggeneem nie. Hy is steeds met jou, en dra jou. En uiteindelik herwin jy die perspektief van geloof wat aan jou die hoop bied van iets méér as wat ons hier kan sien en ervaar.

‘n Intense boek wat baie eerlik geskryf is maar steeds telkemale teruggaan na die bladsye van die Bybel. Want in die Bybel is daar heelwat mense wat met dieselfde vraagstukke gestoei het.

Dink maar aan die verhaal in Genesis 22, waarna Johann ook verwys, as Abraham uiteindelik ‘n kind van sy eie by Sara het, net om te hoor dat hy die kind moet gaan offer. Verstaan jy dan regtig wat geloof beteken? Hier leer ken die geloofsheld ‘n verborge kant van God, die misteriekant van glo wat vra dat jy die Here bly vertrou al weet jy nie hoe ver of naby Hy op hierdie oomblik aan jou is nie. En of Hy betyds gaan ingryp, voor jou situasie totaal onhoudbaar word.

Die boek is in kort stukke geskryf wat dit maklik maak om te lees. En die taalgebruik is ook verhelderend. Tog laat die emosie agter die boek jou stadig lees want jy beleef dat jy hier met deurleefde waarheid te doen het. En jy wil jou skoene uittrek.

Gee gerus vir iemand wat troos en bemoediging in tye van hartseer en lyding benodig. Johann se woorde gaan waar klink want dis ervaar.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page