Vee jy jou seer onder die mat in?
top of page

Vee jy jou seer onder die mat in?


Daar is min dinge wat ‘n mens se asem so wegslaan soos om onverwags ‘n “hou in die maag” te kry wanneer jou beste vriend jou te na kom of jou seun besluit om vrou en kinders te los en met sy sekretaresse weg te loop nie. Maar ongeag die oorsprong daarvan, een ding is seker – dit maak baie seer!

Die waarheid is dat ek nie altyd my seer effektief hanteer nie. Dit beïnvloed my denke, my emosies, hoe ek optree en dus my verhouding met God en ander mense – en uiteindelik my emosionele en fisiese welstand.

Vir meeste van ons is dit te moeilik om die pyn en hartseer van ons verlede te konfronteer. Sommige van ons sal ontplof terwyl ander weer inplof omdat dit makliker is om die omvang van die seer te ontken, om te dink “As Christen mag ek nie so voel nie,” en dit op te krop en met onderdrukte emosies en selfs skuldgevoelens saam te leef. Naderhand is die gevoelens egter so diep weggesteek dat dit sy lelike kop uitsteek in die vorm van psigosomatiese siektes en verslawings wanneer ek toegee aan die begeerte om die pyn ten alle koste te probeer verdoof.

Die eerste stap op die pad van genesing is om my seer te erken. Dit is nie ongesond of self sondig om seergemaak te voel nie. Dit word ongesond en sondig wanneer ek vasval in bitterheid, onvergewensgesindheid en woede (“Ek kan nie glo hulle het dit aan my gedoen nie!”)

Genesing begin wanneer ek my teleurstellings, frustrasies en gevoelens – AL my behoeftes, na God toe bring. Hy weet dit alreeds! In die veilige teenwoordigheid van ‘n liefdevolle Vader ontvang ek troos en duidelikheid, kan ek woorde aan my seer gevoelens gee en daardeur werk, kry ek krag om die seer te konfronteer.

God plaas ook mense om my om my te vertroos en te versterk – vriende, familie, of beraders wat my kan help om heel te word. Ek het wel die verantwoordelikheid om hierdie mense op te soek vir wie ek kan vertrou en wat met Goddelike wysheid vir my raad en ondersteuning kan gee.

Dan kan die proses van vergifnis begin waar ek, deur die krag van die Heilige Gees, elke keer vergewe wanneer ek aan die onreg dink. Slegs dan kan ek soos Josef my broers waarlik vergewe en openlik bly wees om hulle te sien. Na jare in die Here se teenwoordigheid was Josef se vergifnis nie meer ‘n kopbesluit nie maar ‘n hartsbesluit. “Joseph wept repeatedly when reunited with his family. In fact Scripture relates that he wept so loudly that the Egyptians heard him. He did not minimize or rationalize the painful years. Joseph could have destroyed his brothers in anger. But out of the honest grieving of his pain, he truly forgave and was able to bless the brothers who had betrayed him. He was able to discern how God had sent him ahead to Egypt to save their lives by a great deliverance.” (Peter Scazzerro: The Daily Office)

God gebruik die seer van my verlede om ook vir my te vorm sodat ek uit my eie situasie van swaarkry, met deernis en empatie ‘n steunpilaar vir ander kan wees.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page