Geloof …
top of page

Geloof …


  • ...is die sekerheid dat Christus alles vir my gedoen het wat ekself nie kon doen om my sake by God in orde te bring nie.

  • ...is om alles van God te verwag. Geloof is nie iets wat ek in myself het nie. Dit gaan nooit oor my geloof, asof dit meetbaar is nie. Geloof sê eintlik maar net dat ek al my hoop op Christus plaas. Hy maak nuwe lewe moontlik!

  • ...is nie om die lewe skielik in ‘n veilige of voorspelbare omgewing te omskep nie. Geloof isoleer my ook nie van verassings, skokke, teleurstellings, onverwagse vreugdes of onsekerhede nie. Vra maar vir Paulus as hy in 2 Korintiërs 4 skryf dat hy soms ook oor raad verleë is.

  • ... is ‘n lewenslange avontuur. Geloof vra die moed om Jesus dapper te volg, al weet jy nie waarheen die roete lei omdat jy sy kruis op jou skouers getel het nie. Geloof is die sekerheid van Christus en sy geskenk van redding, al is jy nie eens seker wat die volgende 24 uur inhou nie. Dis die waagmoed om Hom vandag met my lewe vir altyd te vertrou.


bottom of page