Moenie! … wel, moenie!
top of page

Moenie! … wel, moenie!


Hoeveel keer in jou lewe het jy nie al hierdie woord gehoor nie. Baie mense se gunsteling term is die woord: “moenie!” As jy dit te veel hoor, hou jy later niks meer van dié woord nie. Dit klink al te veel na ‘n raas-woord. Wel, daar’s een plek waar “moenie” nie ‘n bangmaak-woord is nie, maar ‘n hulp-woord. Ek praat van die eerste woorde van Psalm 37. Dit begin met “moenie”. Maar luister verder: dit sê jy moenie jouself bekommer oor skelms en skurke nie. Nee, die Psalmskrywer raas nie met jou nie. Nee, hy wil jou juis help om gelukkig te leef. Die beste manier hoe, is om die Here met jou hele lewe te vertrou en op te hou bekommer. Psalm 37 bied ‘n paar skitterende sleutels vir ‘n gelukkige lewe voor God:

* Vergeet van slegte mense, God weet van hulle

Verseker is dit goor dat daar so baie korrupsie en misdaad in die land is. Maar jy hoef regtig nie maagsere en spanningshoofpyne oor sondaars se doen en late te kry nie. Hou sommer vandag nog op om jou lewe deur negatiewe mense te laat oorheers. Dis regtig nie die moeite werd nie. God sê in Psalm 37 dat Hy ook op hoogte is met boosdoeners. By Hom is daar geen parool vir hulle nie. Op sy eie tyd sal Hy met hulle afreken. Los dit gerus oor aan Hom.

* Fokus op God

Psalm 37:3-5 sê jy moet vertrou op die Here en doen goed aan ander. Leef weg van jouself af. Kyk op na God. Vat Hom op sy Woord dat Hy soos ‘n Vader vir jou sal sorg. Moenie Hom die voorreg ontneem om jou te oorlaai met sy genade en nabyheid nie. Begin ook om iets vir mense rondom jou te beteken. Deel sommer voor sonsaktyd vandag ‘n stukkie brood met iemand. Bid nou dadelik vir ’n paar persone vir wie jy lanklaas aan die Here opgedra het. Deel ‘n stukkie onverwagse omgee met iemand. Word weer iemand van betekenis; iemand van wie God en ander mense kennis neem.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page