Chase away cancer [resensie]
top of page

Chase away cancer [resensie]


Ellie Poole Ewoldt. Chase away cancer: A powerful true story of finding light in a dark diagnosis. Tyndale Momentum. 2016

Die karakters in die verhaal is 'n klein seuntjie, 'n liefdevolle familie en ‘n span van toegewyde dokters. Die diagnose: terminale kanker, met min tot geen hoop vir 'n kuur. Daar is twee moontlike uitkomste. Sal hierdie gesinnetjie gedompel word in uiterste hartseer of oorweldig word deur wonderbaarlike vreugde? Wat gebeur as die antwoord beide is?

Ellie Poole Ewoldt debuteer met 'n memoir van desperate hoop en vurige liefde. Sy vertel die verhaal van 'n familie wat geweier het om moed op te gee, selfs toe hulle die ergste moontlike nuus oor hul twee jaar oue seun, Chase, hoor. Die Ewoldts is van oomblik tot oomblik gekonfronteer met breinoperasie en chemoterapie, spinale toetse en bloedoortappings. Die ware wonderwerk in hierdie verhaal lê egter nie in die prestasie van die mediese wetenskap nie maar eerder in Chase se lewe wat vir ons die wonder van hoop toon, selfs deur die donkerste nagte. As daar iets is wat hy en die Ewoldts geleer het, is dit dat God altyd goed is, dat Hy aan ons kant sal bly deur elke oomblik, maak nie saak wat dit inhou nie.

Chase se verhaal sal jou geïnspireer - hierdie koppige seun en sy familie oorleef deur hulle hoop op alles wat môre nog mag bring.

Ellie is die ma van Darcy, Aidan, Chase en Karsten. Sy het in 2010 ‘n gesinsblog begin om haar daaglikse lewe as ma en eggenote te deel terwyl sy God se goedheid in haar daaglikse lewe ontdek. Op 31 Julie 2012 het die gesin se lewe indringend verander met die diagnose: “There’s a large mass” wat skielik die gang van hulle lewe verander het om die komplekse pad deur pediatriese kanker te stap. Die inhoud van die blog het verander sodat sy die lewe en geveg van haar derde kind teen kanker te beskryf asook die gevolge van die siekte op hulle familie terwyl hulle aan God probeer vashou. Vandag bestaan haar lewe uit haar versorging van haar kinders waarvan een met kanker saamleef en oorleef. Die kanker het unieke neurologiese behoeftes vir Chase geskep. En tog word Ellie se lewe, en werk gekenmerk deur dankbaarheid oor God se getrouheid. Sy vind die genade om sy hand te sien in klein en groot dinge in hulle lewe. En haar kroniek van Chase se reis het talle mense se lewens reeds beïnvloed. Sy het op talle televisieprogramme opgetree om die verhaal te vertel. En nou, met hierdie boek, is haar besondere verhaal ook vir Suid-Afrikaanse lesers beskikbaar.

Maak gerus tyd om dié verhaal van hoop en moed te lees; dit gaan jou lewe verander!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page