Gebruik die bietjie wat jy in jou hand het
top of page

Gebruik die bietjie wat jy in jou hand het


“Wat kan ek vir die Here doen? Ek is te swak om regtig ‘n verskil te maak.” Dink jy soms so? Wel, dis nie waar nie. Die Here vra nie dat jy eers moet sterk of suksesvol wees voordat jy vir Hom kan leef nie. Of dat jy al die beste toerusting en baie mense tot jou beskikking moet hê nie. Alles en behalwe. Gebruik maar net dit wat jy by jou het. Stel dit wat jy in jou hand het tot die Here se beskikking en kyk wat gebeur!

Van ’n bietjie gepraat wat baie geword het- in Johannes 6 lees ek van ‘n seuntjie wat vyf brode en twee vissies gehad het. Hy was maar ‘n klein stippeltjie in ‘n groot skare van ver meer as vyfduisend wat na Jesus geluister het. Toe Jesus besluit het om vir hulle almal kos te gee, was die klein bietjie kos in sy hand oorgenoeg vir ‘n hemelse feesmaal. Dit wat hierdie onbekende seuntjie vir die Here gegee het, het skielik tot ‘n oorvloed aangegroei. Leer by hom om die bietjie geld, geestelike talente en toewyding wat jy het vir die Here te gee. Vertrou Hom dan om dit te vermeerder tot ‘n ryk oes.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page