Wat sê die mense van jou?
top of page

Wat sê die mense van jou?


Van Noag kan ‘n mens net mooi dinge sê. Hy was ‘n goeie man. Hy het die regte dinge gedoen en naby aan God geleef. Genesis 6:9

Ons almal wonder maar wat ander van ons dink en sê. Party van ons steur ons minder daaraan, maar almal dink tog daaraan. Die feit is dat daar altyd mense sal wees wat van ons hou en goeie dinge oor ons sal sê, maar dat daar ook diegene sal wees wat toe nou nié‘n goeie woord oor ons het nie.

Ons as kinders van God het ‘n groot verantwoordelikheid. Ons wys immers vir die wêreld hoe die God lyk wat in ons is. Daarom kan ons nie sommer net leef en doen soos ons wil nie. Ons denke en dade behoort verband te hou met ons liefde vir ons Vader en ons bewustheid van sy groot genade in ons lewens. Dis waarom dit so belangrik is dat ons elke dag saam met die Gees in ons leef. Dat ons vroeg soggens reeds sal vra dat Hy ons moet leegmaak van onsself sodat ons vol kan word van Hom en dat ons reg deur ons dag die Gees sal toelaat om in en deur ons te leef.

Vra sommer nou die Gees om jou van kop tot tone met sy goedheid te vul en jou te help om so te leef dat ander na jou sal kyk en weet: Sy leef naby aan God.

Vader, ek is so ‘n gebroke mens. Maak my asseblief leef van myself en propvol van U. Heeldag lank.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page