Hoe vriendelik is jy?
top of page

Hoe vriendelik is jy?


Jare gelede toe die Jesus-film van Reghardt van der Berg vrygestel is, was 'n karaktertrek van Jesus wat vir my deurgaans uitgestaan het, sy vriendelikheid.

In die Nuwe Testament lees ons telkens van Jesus se vriendelikheid. Jesus het sy eerste wonderwerk gedoen om 'n bruidspaar verleentheid te spaar. Hy was by 'n troue met te min wyn. Was dit nie vriendelik van hom om water in wyn te verander nie? Hy was vriendelik genoeg om by 'n skarminkel soos Saggeüs te gaan eet. Hy was vriendelik met armes, siekes en sondaars. In Jesus se donkerste uur aan die kruis het hy vriendelikheid en genade aan 'n moordenaar bewys. In 1 Korintiërs 13:4 lees ons dat die liefde vriendelik is.

Omdat ons God se verteenwoordigers op aarde is, is dit belangrik dat ons as Christene ook die waarde van vriendelikheid by die werk en by die huis sal uitleef. Hoe vriendelik is jy by die huis? Wanneer laas het jy iets vir jou gesin gedoen sonder dat jy gevra is, bv. badwater ingetap, koffie aangedra of 'n sjokolade op die kopkussing gesit?

Dink aan jou werkplek. Watter persoon word die meeste oorgesien of vermy? Die skaam oorgewig vrygesel, 'n knorrige kollega of die skoonmaker. Is jy vriendelik teenoor hierdie persoon?

As jy regtig vriendelik is, sal jy ook genade aan ander bewys. Sal jy jou jaloerse kollega wat jou telkens te na kom, vergewe? Sal jy vriendelik wees met die skindertonge in die kantoor, al weet jy dat hulle jou ook soms beskinder?

Dan is dit ook nodig dat jy vriendelik is teenoor jouself. Jy sukkel dalk om met jou foute en sondes saam te leef. God is vriendelik teenoor jou en vergewe jou foute. Hy weet alles van jou en bly steeds lief vir jou, so lief dat Hy jou Sy kind noem.

In Max Lucado se boek, "Deel God se liefde " lees ek: "Vriendelikheid se nie net goeiemôre nie, vriendelikheid maak ook die koffie."


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page