Jesus is die taal van God
top of page

Jesus is die taal van God


As ouers het ons die wonderlike voorreg om ons kinders te leer. Dink maar net hoe kinders taal by ons aanleer. Paulus gebruik hierdie ouerskap beeld in Efesiërs 5:1 wanneer hy ons uitnooi,

Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.

Christene glo dat Jesus vir ons wys wie God is. Daarom word Jesus die Woord genoem. Jesus is die taal van God. Die teoloog Hans Urs von Balthasar het eenkeer gesê, Jesus interpreteer God in die taal van 'n mens se lewe. Ek hou van hierdie aanhaling. In die Evangelie volgens Matteus en Lukas lees ons hoe die dissipels eenkeer geluister het hoe Jesus met die Vader praat. Hulle wou ook hierdie taal aanleer, en vra toe "Leer ons bid" (Lukas 11.1). Jesus se antwoord was om sy dissipels die gebed te leer wat bekend staan as die Ons Vader. In hierdie vakansietyd wil ons jou uitnooi om hierdie gebed in jou familie en saam met jou vriende te bid.

Die skrywer Mark Scandrette gee 'n baie praktiese oefening in sy boek "Practicing the Way of Jesus" wat ons as riglyn kan gebruik vir ons praat met God. Scandrette wys daarop dat Jesus in hierdie gebed ons help om met vyf areas van ons lewens te werk (ons identiteit, doel, sekuriteit, verhoudings en ons vryheid en vrede). Die idee is om deur elkeen van hierdie areas te bid. Hier is hoe hy die oefening beskryf (hy gee net 'n voorbeeld wat met identiteit werk),

Pair up with someone and pray through the phrases of the Lord's Prayer for each other, keeping eye contact as you work to personalize the words to fit. For example, "God, you are Brian's true parent. Help him embrace his identity as your beloved son, learning to be constantly aware of your presence in each moment of this day."

Identity. "Our Father in heaven, hallowed be your name."

Purpose. "Your kingdom come, your will be done, on earth as it is in heaven."

Security. "Give us today our daily bread."

Community. "Forgive us our debts, as we also have forgiven our debtors."

Freedom and peace. "Lead us not into temptation, but deliver us from the evil one."

Kyk bietjie hoe jy hierdie verskillende dele van die gebed as 'n familie of vriende saam kan bid. Kies dalk een van die vyf areas per dag. Jy kan ook by www.kinderritmes.co.za gaan loer waar ons meer oor hierdie oefening gaan skryf. Mag ons almal in hierdie wintermaande die taal van God leer praat.


bottom of page