Hier’s twee dinge wat God vir ewig onthou
top of page

Hier’s twee dinge wat God vir ewig onthou


God onthou, maar Hy onthou nie alles nie. Dit het ons verlede week gesien. Hy kies om nie sondes te onthou wat in Jesus se Naam aan sy voete neergesit is nie. Maar God het ’n langtermyn geheue vir sekere dinge. Ten minste is daar twee dinge wat Hy tot in ewigheid onthou. Die eerste is dat Hy vir altyd sal onthou om sy kinders styf vas te hou. Jesus sê in Johannes 10:28-30 dat Hy vir al sy skape die ewige lewe gee en dat niemand ons ooit uit sy hand sal ruk nie. Nooit sal ons uit God se hand van genade glip nie. Daar’s ’n tweede ding wat God ook nooit sal vergeet nie, naamlik elke goeie daad wat ons in Sy Naam doen. In Matteus 10:42 sê Jesus dat as ons vir een van sy knegte ’n beker koue water gee, sal God dit onthou en dit terugbetaal. In Lukas 14:14 sê Jesus in dieselfde asem dat as iemand die armes, kreupeles, lammes en blindes uitnooi na ’n feesmaal, dan sal God dit onthou en hulle terugbetaal op die laaste dag. God het ’n langtermyn geheue vir goeie dade. Elke beker koue water; elke daad van liefde hoe klein ook al, word deur Hom raakgesien… en onthou!


bottom of page