Gerieflik afgestomp, of nie!
top of page

Gerieflik afgestomp, of nie!


“Comfortably numb.” Hierdie titel van ’n bekende rock-liedjie uit die vorige eeu bly my by. Dit gebeur met baie van ons. Ons raak gerieflik afgestomp. Die lewe slyp ons skerpkante algaande stomp. Ons raak gewoond aan alles- misdaad, geweld, vermaak, sport, mekaar, kerk, die Here…! Niks hou ons aandag vir lank nie. Ons is verveeld. Ons verwondering is weg. Dit is hoekom Jesus in Matteus 18 gesê het dat as ons nie verander en weer kinders word nie, sal ons nooit in die koninkryk van God ingaan nie. Kinderlike geloof, naïwiteit en verbeeldingrykheid is broodnodig. Ons moet deur Jesus se oë leer kyk na die lewe en na ander mense rondom ons. Dan sal die verwondering weer terugkeer. Dan sal ons weer tussen die lyne en agter die skerms in eenvoud vreugde vind. Dan sal dade van omgee ons eie roete word. Nie net die Here Self nie, maar ook ander mense sal skielik weer groter as onsself raak. Ook sal ons hulle weer met die nodige respek begin behandel. Want dit is wat mense doen wat in verwondering voor God en tussen ander leef. Hulle is opgeskerp, nie afgestomp nie.


bottom of page