558 Dae [resensie]
top of page

558 Dae [resensie]


Pierre en Yolande Korkie het hulle geroepe gevoel om in Jemen in diens van die Meester hulle vir diens aan te meld. Pierre het as ‘n onderwyser gewerk; is daar ‘n beroep waarin ‘n mens ‘n groter invloed op ander mense kan uitoefen, en in die periode wat jongmense die meeste beïnvloedbaar is, as ‘n onderwyser? Yolande met ‘n meestersgraad in sielkunde het ‘n hart vir mense in nood, en sy het by hospitale gehelp.

In Jemen leer ken hulle mense wat die Moslemgodsdiens beoefen, hulle word groot vriende en leer om mekaar lief te hê en te waardeer. In die krisis wat voorlê is dit juis dié mense wat vir hulle ontsettend baie beteken.

Die situasie in Jemen is plofbaar enkele maande ná die Jemeense rewolusie. Yolande en Pierre gaan na die perdestalle waar hulle die kinders se geliefde diere aanhou; alhoewel hulle dogter sou saamgaan, gebeur iets sodat die ouerpaar alleen vertrek. Ná die besoek aan die stalle sou hulle hulle visums gaan afhaal wat na maandelange vertraging uiteindelik gereed was. Hierna sou die gesin binne 48 uur na Suid-Afrika vertrek. Pierre se pa is die vorige week oorlede.

En dit is hoe hulle in die hande van Al Qaeda val. Albei is moeg ná ‘n lang jaar in die vreemde. Pierre was hartseer omdat sy visum nie betyds gereed was om sy pa se begrafnis by te woon nie. Op pad om die visums te kry, is daar ‘n spoedhobbel. Geweerskote volg. Hulle word met brute geweld uit hulle voertuig geruk.

Die volgende 558 dae is ‘n tyd van onsekerheid en vrees, eensame afsondering en ontnugtering, maar ook selfondersoek en oorlewing terwyl Al Qaeda-wagte hulle oomblik vir oomblik dophou en oppas. En dan word Pierre tereggestel.

Yolande se verhaal gryp aan die hart. Dis ‘n verhaal van ‘n besondere huweliksvennootskap tussen twee mense wie se lewe gekenmerk word deur hulle toewyding aan die Here en sy koninkryk. ‘n Verhaal van vriendskap oor godsdienstige grense waar Christene en Moslems mekaar ondersteun. ‘n Verhaal van gyselaars wat oomblik na oomblik met die werklikheid saamleef dat hulle doodgemaak kan word. En elke dag bring onsekerheid oor die toekoms, en wat van die kinders geword het, en wat volgende wag.

As die Korkies se verhaal jou aangegryp het toe dit in die pers hoofberigte gehaal het, gaan jy graag dié boek lees. En jy gaan nie teleurgestel wees nie; Yolande se verhaal lees boeiend soos ‘n riller, behalwe dat haar verhaal aan die werklikheid ontleen is. Haar eerlikheid en humorsin gryp jou aan.

Dis aan die einde van die dag ‘n geloofsreis omdat Yolande en haar kinders as familie van die Here alles beleef vanuit die perspektief van hulle verhouding met Hom.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page