Daar’s goeie medisyne beskikbaar vir my godsdienstige geheueverlies
top of page

Daar’s goeie medisyne beskikbaar vir my godsdienstige geheueverlies


Ek raak vergeetagtig. Laat ek dit reg sê - ek raak vergeetagtig as dit by die Here kom. Ek vergeet gou-gou van God as die regte lewe elke dag soos klokslag aanbreek. My gebede van vroegoggend verdamp soos mis voor die son as ek die jongste nuus hoor. Om nie te praat van al die uitdagings by die werk nie. Of al die land se probleme nie. Op verskillende maniere probeer die lewe my oortuig dat my geloof nie in die regte lewe tuishoort nie. Daarom is dit my uitdaging om God daagliks raak te sien te midde van al die pynkrete en aktiwiteite van die lewe. En om Hom te beleef te midde van my eie vrese en onsekerhede. God is orals. Hy is steeds die Here. Hy het nie opgegee op ons, of afgetree nie. Hy is nie weg net omdat ekself soms aan godsdienstige geheueverlies ly nie Hier aan my kant van die draad moet ek net my geestelike geheue vandag weer inoefen. Hoe? wel, deur te weet: Christus is by ons al die dae tot aan die einde van die wêreld (Matteus 28:20). Dit is die beste hemelse medisyne vir ons geestelike vergeetagtigheid.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page