Staan jou leer teen die regte muur?
top of page

Staan jou leer teen die regte muur?


Gideon het die afgodsbeeld van goud gemaak en dit in sy tuisdorp, Ofra, neergesit. Dit was nie lank nie of die Israeliete het hulle rug vir God gedraai en hierdie afgod begin aanbid. Rigters 8:27b

Die lewe is ‘n leer. ‘n Leer waarteen ons elke dag hortjie vir hortjie uitklim. En ons besluit self teen watter muur ons ons lewensleer wil laat leuen. Ons kies ‘n lewe van oorvloed en vrede saam met ons Vader of ‘n leë lewe sonder Hom. Hoe hartseer sal dit wees as ons ons hele lewe lank met moeite teen ons leer uitgeklim het en dan … besef dat ons ons leer teen die verkeerde muur neergesit het!

Teen watter muur leuen jou lewensleer? Teen die Christus-muur wat sterk en stewig staan, maar soms moeilik is om te klim? Wat soms van jou vra om opofferings te maak en “nee” te sê? Of leuen jou leer teen die “So-maak-ék-muur” waar jy die maklike uitweg neem, kies om jou eie ding te doen en self bo wil kom? Kies jy oorvloed in Christus of teëspoed deur jouself?

Suster Basilica het gesê: Dié wat op God vertrou, is nie afhanklik van politieke of ekonomiese toestande nie, maar alleen van God in wie se hande alles rus, wat één woord spreek en die skade en ellende tot niet maak wat ons volgens alle menslike berekenings sou getref het.

Kies elke oggend om op jou getroue Vader te steun. Hy sal jou nooit teleur stel nie.

Here, ek kies U vandag weer vir my lewe.


bottom of page