Een van die Here se “go-to” mense
top of page

Een van die Here se “go-to” mense


In Engels word daar van “go-to-people” gepraat. Dit is daardie mense na wie toe jy dadelik sal gaan as jy hulp nodig het. Hulle is diegene met omgee-harte. Hulle is mense met baie wysheid. Ek wonder wie is al die “go to people” wanneer mense vandag die Here broodnodig het? Wie is daardie mense wat dadelik uitstaan as oortuigde navolgers van Jesus? Ek vermoed dit sal doodgewone mense wees wat stilweg op die Here se pad loop. Dit sal mense van karakter wees wie se ja altyd ja is; mense wat hulle woord gestand doen. Dit sal mense wees wat in Jesus se Naam bekers kouewater uitdeel en stukkendes op die hande dra. Dit sal diegene wees wat nie gedurig ander mense veroordeel en afskryf nie, maar wat ander dien en tweede myle saam met diegene loop wat dit nie verdien nie. Die Here se “go-to” mense is daardie stil maar sterk lewende magnete van die Here. Soek sulke mense uit en leer by hulle hoe om naby aan die Here te leef. O ja, en maak seker dat jy van nou af ook ’n “go-to” persoon is as iemand die Here nodig het.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page