What does the Bible really teach about Homosexuality? [resensie]
top of page

What does the Bible really teach about Homosexuality? [resensie]


Die tema van selfdegeslagverhoudings of homoseksualiteit het uiters relevant in die kerk geraak nadat die Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk in die tweede helfte van 2015 ‘n besluit daaroor geformuleer het wat opslae gemaak het. Feit is: watter besluit die kerk ook maak, daar sou kritiek daarop wees. Soos dit nou gebeur, is dit veral talle lidmate wat ontevrede is en meen die Sinodebesluit reflekteer nie Skrifgegewens oor die onderwerp nie.

Jou hermeneutiese uitgangspunt bepaal hoe jy die Bybel interpreteer. Hermeneutiek is die wetenskap (of kuns) van hoe ‘n mens verstaan. Wat is jou voorveronderstellings wanneer jy ‘n teks lees? Watter rol speel die Bybel in jou lewe? Watter gesag ken jy daaraan toe? En lees jy om dit letterlik te verstaan, of om dit as ‘n sosiaal-histories bepaalde teks te verstaan?

Waar staan Kevin DeYoung, skrywer van dié boek oor homoseksualiteit en die Bybelse gegewens? Hy is ‘n predikant van Gereformeerde oortuiging wat ‘n konserwatiewe Skrifbeskouing handhaaf en aanvaar dat die Bybel as God se Woord gesag het om vir gelowiges leiding te bied in morele en etiese sake.

Hy ken sy Bybel, maar hy ken ook die debat wat tans woed rondom homoseksualiteit en die kerk se hantering en (nie-)aanvaarding van homoseksuele mense. Daarom bestaan die eerste deel van sy werk oor God se Woord, en hy bespreek in besonderhede Genesis 1-2 oor die skepping van die mens en die instelling van die huwelik, Genesis 19 oor Sodom en Gomorra en verwante tekste, Levitikus 18 en 20 se etiese verbiedinge, en Romeine 1 en 1 Timoteus 1 se verwysing hierna.

En hierna beantwoord hy gewilde besware teen kerke se standpunt wat die uitlewing van homoseksualiteit as sondig uitmaak. Die Bybel praat nie werklik oor homoseksualiteit nie! Dit gaan eintlik om iets anders! Daar was dan nog nie eens so ‘n woord soos “homoseksualiteit” in Bybelse tye nie! Hoekom homoseksualiteit uitsonder maar gierigheid en egskeiding as Bybelse verbiedinge ignoreer? Die kerk moet ‘n hospitaal vir siek mense wees en nie ‘n plek waar mense veroordeel word nie! Die kerk is nie regverdig nie; trouens, die kerk se mense is skynheilig! ‘n God van liefde sal nooit iemand in ‘n liefdevolle selfdegeslagverhouding veroordeel nie!

Al sulke besware gehoor? Die skrywer doen moeite om reg aan die sprekers te laat geskied maar beoordeel dan op neutrale en liefdevolle wyse hulle argumente.

‘n Boek wat die moeite werd is om te lees, al gaan jy nie altyd met al die gevolgtrekkings saamstem nie. Ten minste gaan jy verstaan waaroor die debat gaan, wat dikwels baie tegnies raak.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page