Gee dit lig
top of page

Gee dit lig


Sonde is altyd sleg. Om nie na God te luister nie, terwyl jy weet jy moet, het soms skrikwekkende gevolge. Vra maar vir Dawid nadat hy een middag vir Batseba afgeloer het vanaf sy paleis toe sy gebad het (1 Samuel 11). Pleks dat hy dadelik weggekyk het toe hy haar op haar daktuin sien bad, het hy aanhou met kyk. Die gevolg - sy kyke het tot sondige dade oorgegaan.

Toe Batseba verwag, was Dawid in die moeilikheid. Daarom dat hy haar man in die voorste linies van ‘n oorlog laat plaas het sodat hy daar doodgemaak is. So het Dawid se wellustige gekyk oorgeloop vanaf owerspel tot moord en ook tot ‘n bose toesmeerdery. Hy het eintlik net al dieper en dieper in die gemors in geval. Tot op ‘n dag dat Natan, die man van God by hom opgedaag het met die ontmaskerende woorde dat hy wat Dawid is die een is wat droogmaak. Hy bedroef God se Gees. Hy staan in God se pad. Net daar het Dawid publiek gegaan met sy sonde en dit aan God bely, soos wat Psalm 51 vertel.

Die Gees ruk sonde-maskers af. Weggesteekte sondes kan Hy nie duld nie. Moet daarom nie eens probeer om geheime sondetjies te troetel in jou hart nie. Gee dit lig- God S’n!

Gebed

Heer in die Naam van Christus bring ek elke donker kol van my lewe na U toe. Amen


bottom of page