Drink jou koffie saam met Hom
top of page

Drink jou koffie saam met Hom


Maar as die Heilige Gees eers hier is, sal Hy julle hand vat en julle met die paaie van die waarheid langs lei. Hy is immers die Gees wat die waarheid ken ... Hy sal met julle praat oor wat Hy gehoor het ... Die Gees sal voortbou op wat Ek gesê en gedoen het. Johannes 16:13

Het jy ook al gewens dat Jesus vandág geleef het? Sou dit nie lekker wees as ons vir Hom kon gaan kuier het, Hom kon bel vir raad of sommer net saam met Hom kon koffie drink nie?

Net voor Jesus se kruisiging praat Hy spesifiek met sy dissipels daaroor wanneer Hy hulle gerusstel met die woorde: Die Gees sal voortbou op wat Ek gesê en gedoen het. God leef dus wel vandag hier tussen ons! Hy, die Trooster, is by ons om met groot liefde en teerheid na ons om te sien. Ons moet onsself net vir Hom oopstel. Ons moet sy teenwoordigheid omarm ... dit in ons hart koester ... Hom deel van ons denke en ons leefwêreld maak.

Toe jy die dag Jesus as jou Verlosser aanvaar het, het jy ook die Gees ontvang. Onthou, skryf Paulus in Romeine 8:14, God het sy Heilige Gees gegee aan julle wat in Hom glo.

God wil hê dat jy by Hom kuier, sy leiding vra en … sommer net saam met Hom koffie drink. Ja, Hy is vir jou beskikbaar … Ook vandag!

Trooster, ek wéét U is by my! Dankie daarvoor.


bottom of page