Wie se opinies tel in ons lewe?
top of page

Wie se opinies tel in ons lewe?


Stephan Joubert vra in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief wie se opinies tel in ons lewe?
Wie se opinies tel in ons lewe?

Iemand skryf ‘n mens hoef nie insig of kennis te hê om ’n opinie te hê nie. Inderdaad! Maar dit is juis die probleem - almal het opinies. Maar moet ons onsself aan almal se opinies steur? Moet ons ons ore aan almal uitleen? Kom ons sê net eers vir mekaar ons moet minstens bereid wees om te luister. God het vir ons twee ore en een mond gegee. Hy wil hê ons moet dit dienooreenkomstig gebruik. Nogtans moet ons kies wie se stemme en wie se menings wen in ons lewe.


Ons moenie ons siel uitverkoop aan enigeen wat op sosiale media ’n eier te lê het nie. Of wat emosioneel raak oor alles, wat op die nuus of in die openbaar afspeel nie. Of moenie agter elke wind van verandering aanhardloop nie. Ons kies om ons lewe te laat vorm deur die Here se Woord. Ons oordink en bestudeer Sy Woord. Ook omring ons onsself met wyse mense by wie ons meer kan leer oor God en oor die lewe. Nee, ons kyk nie neer op mense wat anders dink of leef as ons nie, maar ons doen dit nie agterna nie. Ons leer by die Here. Ons leer by die regte rolmodelle in ons lewe.


bottom of page