Wees ’n goeie tyd-uitkoper in 2021
top of page

Wees ’n goeie tyd-uitkoper in 2021


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie nuus oor hoe ons 'n goeie tyd-uitkoper in 2021 kan wees.
Wees ’n goeie tyd-uitkoper in 2021

’n Lywige 8,760 ure het toe deur 2020 se groot uurglas geloop. Dit was ’n jaar propvol onsekerhede en vreemde uitdagings. Hoe ons ook al oor die afgelope jaar voel, in 2021 moet ons met ses ratte vorentoe leef. Ons kan nie in neutraal rondstaan nie. Ons moenie in trurat probeer leef nie (nie dat die meeste mense 2020 sou wou oorhê nie). Verlede jaar sal definitief nie in die toekoms kwalifiseer vir “die goeie ou dae” nie. Hoe leef ons effektief en reg in 2021? Jeremia 31:21 roep ons op om die regte padmerkers vir onsself op te rig. Hy praat van goeie padwysers, wat ons na die Here se nabyheid toe sal verskuif. Dit begin by Sy Woord wat hier in 2021 die lig vir ons lewenspad moet wees. Ons het die wete dat Christus Self by ons is as ons Heer, wanneer ons 2021 se 8,760 ure een vir een moet deurwerk en reg moet opleef.


Christus is ons hoop en lewe hier in 2021. Nie een van ons weet hoeveel van 2021 se ure vir onsself beskore sal wees om op te leef nie. Nogtans gryp ons elkeen van hulle aan. Elke uur, wat ons in 2021 gegun word, moet een wees waar ons agter die Here aanleef. Dit moet een wees waarin ons Hom en ander mense dien. Daarom leef ons deur elke uur, wat ons gegun word, met ses ratte geestelik vorentoe in die Here se Naam. Ons is tyd-uitkopers op die regte manier, soos wat die Here van ons vra. Ons lewe word verlig deur sy Woord, en ons weet Christus is by ons. Elke uur in Sy nabyheid is een vol genade en vrede, ook hier in 2021.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page