Wat ‘n geskenk!
top of page

Wat ‘n geskenk!


Stephan Joubert skryf in hierdie artikel oor die wonderlike geskenk van God se Gees wat vir ons gegee is.
Wat 'n geskenk!

Die Gees se werk in die kerk en in ons elkeen se lewe is oorweldigend. Die Heilige Gees werk agter die skerms en ook openlik in ons almal. Ons as Christene staan almal onder die nuwe bestuur van die Heilige Gees, soos wat 1 Korintiërs 6:18 my leer. Ons is Sy lewende tempels. Die Heilige Gees is ook die seël vanaf God se kant dat ons aan Hom behoort. Hierdie boodskap hoor ek vars en nuut in Efesiërs 1:14. Hy waarborg die egtheid van ons geloof. Dan is die Gees boonop ook die hemelse deposito op ons lewens, soos wat 2 Korintiërs 1:22 my leer. Om alles te kroon, is die Heilige Gees ook nog God se eerste offer aan ons, waardeur Hy ons verseker dat Hy die res van Sy seëninge by die wederkoms aan ons sal gee. Dit het ek in Romeine 8:23 geleer.


Dis jammer dat hierdie kragtige beelde rondom die Gees as seël, deposito en eerste offer selde in die kerk gebruik word. Ons hoor wel van die Gees se doop en vervulling, maar nie genoeg kere van die Gees, wat die lewendige waarborg van God se kant af is dat Hy Sy handewerke in ons sal volvoer nie. Of dat Hy die Gees as ‘n lewendige offer aan ons gegee het om die res van Sy oes te waarborg nie. Stel dit reg daar in jou omgewing. Gaan praat hieroor. Verheerlik die Gees se werk!


Gebed

Nuutmakende Gees, leer my om U te verheerlik deur my woorde. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page