Jou familie kyk vir jou
top of page

Jou familie kyk vir jou


In hierdie Goeie Nuus skryf Stephan Joubert oor hoe ouers lewende preke is vir hulle kinders.
Jou familie kyk vir jou

Don’t worry that children never listen to you; worry that they are always watching you.” Hierdie woorde van Robert Fulghum is tydloos waar. Ouers is altyd lewende preke vir hulle kinders - goed of sleg. Uiteraard wil alle ouers, wat op die Here se pad leef, graag goeie voorbeelde vir hulle kinders, kleinkinders en vir die res van die familie wees. Daarom dat sulke ouers gedurig vir hulle kinders leer daar is iets soos reg en verkeerd. Daar is baie ja’s in sulke Godvresende ouers se woordeskat, maar daar is ook 'n woord soos nee! Hulle weet wanneer om nee te sê. En hulle sê dit ook! Hulle trek duidelike, maar billike, grense. Hulle hou ook daarby. Nooit sê sulke ouers een ding en doen dan iets anders nie. Hulle is deursigtig, want hulle leef op God se pad, wat op waarheid en liefde gebou is.


Terloops, as jyself ouers gehad het (of steeds het) wat sulke goeie lewende preke is, dan moet jy vir die Here baie dankie sê. Volg asseblief in hulle voetstappe. Wees self ’n goeie wandelende preek vir jou geliefdes. Leef jou praat, want jou familie kyk vir jou. O ja, die Here doen dit ook!

bottom of page