Wanneer dit swaar gaan, wees soos George Foreman
top of page

Wanneer dit swaar gaan, wees soos George Foreman


Elkeen van ons het mense wat ons inspireer. Vir my is so iemand George Foreman. Hy is waarskynlik een van die mees interessante en inspirerende mense van die vorige eeu. In 1973 wen hy die swaargewig wêreldtitel in boks. As gevolg hiervan het hy baie geld gemaak, wat hy sorgvuldig deur sy bestuurder, Desmond Baker, laat belê het. ‘n Ruk nadat hy die wêreldtitel gewen het, kom hy drasties tot geloof in Jesus en kom hy onder die indruk dat die Here hom roep om ‘n predikant in Houston, Texas, te word. In sy eerste preek gebruik hy sy agtergrond in boks en sê vir sy gemeente:


You’ve got to learn how to fight! If you believe in God, you’ve got to learn to fight for Him!

Toe hy vyf en veertig jaar oud word, het sy gemeente al ‘n geruime tyd gesukkel om finansieel kop bo water te hou.


Wat doen George toe?


Hy besluit om weer mee te ding vir die wêreldtitel. In 1994 doen hy dit toe suksesvol en word die oudste persoon in die geskiedenis van boks wat hierdie titel wen! Hy verdien toe natuurlik weer baie geld, wat hy kon gebruik om sy gemeente uit te help. Wat ‘n storie!


In ‘n fliek oor sy lewe, wat onlangs die lig gesien het, getiteld The Big George Foreman, is daar ‘n diep roerende toneel, wat my aan die hart geruk het. ‘n Ruk nadat hy die bediening betree het, kort na die wen van sy eerste wêreldtitel, kom hy agter dat al die geld, wat hy gewen en gespaar het, deur sy bestuurder, wat vrye toegang tot sy geldsake gehad het, gesteel is. George was verslae en verlam as gevolg van die teleurstelling. Hy kon dit nie glo nie. In ‘n gesprek met sy ma sê hy:


Everything I worked for is gone.

Sy ma, wat gelukkig ‘n dierbare en wyse Christen-tannie was, druk toe haar hand teen sy bors, waar sy hart klop, en sê:


No, everything you worked for is in here. You found God. Be Godly. Don’t let Desmond Baker take that from you too.

Heng, ek kon nie anders as om ‘n knop in my keel te kry nie. ‘n Knop in my keel oor dié tannie se Goddelike, liefdevolle en wyse manier waarop sy vir haar seun raad gee! Sy wys hom eerstens daarop dat God se werk in en deur hom nooit verlore kan gaan nie en dat dit in sy hart in bewaring gehou word. Sy karakter is wat tel en niks anders nie. Al verloor jy alles, al deel die lewe vir jou slegte kaarte uit, is jou karakter en geloof in Jesus al wat saak maak en ook al wat nodig is om weer op te staan. As jou lewe en werk vir God is, kan niemand dit steel nie. Dit geld veral vir die moeilikste en mees uitdagende tye in ons lewe.


You found God. Be Godly.

Dis al.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page