Vier fees - die Gees is hier
top of page

Vier fees - die Gees is hier


Lees gerus Stephan Joubert se nuutste Heilige Gees artikel: Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

‘n Amerikaanse navorsingspan het bevind dat wanneer ons gevoelens van frustrasie, woede of bitterheid ervaar, dan raak ons hartklop onreëlmatig, maar wanneer ons intense dankbaarheid beleef, dan is ons hartklop rustig. Gevoelens van dankbaarheid oefen ook ‘n kalmerende invloed op ons neurologiese en endokriene sisteme uit. Hoe groter ons gevoelens van vreugde is, hoe meer is ons totale menswees in resonansie. Dit beteken dat ons hartklop, bloeddruk, asemhaling, spysvertering en ons emosionele welsyn dan sinkroniseer. Dan het ons ook heelwat meer energie en is ons ook meer kreatief.

Nou ja, daar het jy dit. Ons emosionele lewe het ‘n direkte invloed op ons gesondheid. Veral gevoelens van medelye en dank maak ons rustiger en kalmer. Na al die jare bevestig die wetenskap maar net wat God sê, naamlik dat ons harte gedurig moet oorloop van dankbaarheid teenoor Hom en ander. Vreugde in Sy teenwoordigheid ons krag en sterkte moet wees. Dis presies wat die Gees in ons werk!

Om te dink ons dankbaarheid teenoor God vir sy wonderlike goedheid is die genesing vir ons siel, letterlik en figuurlik! Dit maak ons gesond. Dit laat die Gees se bouwerk in ons lewens wen. Dit vul ons hart en ons lewe met nuwe krag en hoop. Dit laat ons anders slaap, eet, praat en loop. Nou hoekom is so baie kerklikes se gesigte dan so lank? Of verbeel ek my dit?

Gebed

Dis feestyd, Here Jesus. U hemelse fees het ook in my lewe aangebreek. Amen.


bottom of page