Staan sterk tussen al die trappers
top of page

Staan sterk tussen al die trappers


Nikita Khrushchev was vanaf 1958 tot 1964 die Russiese leier. Hy het die berugte diktator, Josef Stalin, opgevolg. Khrushchev is een keer in die middel van ’n toespraak deur ’n onbekende persoon in die gehooronderbreek. Hierdie persoon het hardop gevra hoekom Khrushchev nie vir Josef Stalin gestuit het, wat soveel onskuldiges se bloed vergiet het nie. Toe het Khrushchev blykbaar hard uitgeroep: “Wie het dit gesê?” Niemand het gewaag om te antwoord nie. Die gehoor was doodstil. Na ’n lang stilte het Khrushchev sagweg geantwoord: “Nou weet jy hoekom ek hom nie gestop het nie.”


Vrees is magsbehepte mense se wapen. Hulle intimideer almal deur vrees. Ons sien dit in ons eie land, waar korrupte politici vrees en manipulasie as wapens gebruik. Maar dit gebeur soms ook in werksplekke en in huisgesinne, waar sekere indiwidue meen hulle is trappers, wat almal rondom hulle in die grond in kan trap netsoos wat hulle wil. Dit kos moed om sulke boelies teen te gaan. Johannes die Doper het letterlik sy kop verloor, omdat hy vir Herodes Antipas, die heerser van Galilea, oor sy immorele dade gekritiseer het.


Goddank vir elkeen, wat die moed het om die fluitjie te blaas, wanneer boelies ander mense intimideer. Mag die Heer ons elkeen help om in te gryp, wanneer daar op swakkes en weerloses in ons eie omgewing getrap word. Mag ons die moed van ons oortuiging hê om nooit te swig voor sulke magsmisbruikers nie. Mag ons opstaan teen onredelike mense, wat mense gevange probeer hou met boelietaktieke. As ons hulle maar net laat begaan, is ons later ook deel van die probleem. Kom ons vra vir die Here om vir ons elke keer te wys hoe om ’n stem vir die stemloses te wees en ’n hulp vir diegene op wie daar getrap word.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page