Soos wat Hy wil
top of page

Soos wat Hy wil



Wat is nie alles opgesluit in hierdie enkele paar woorde van Paulus oor die Gees se werk nie: “Soos wat Hy wil.” Dis lewensbelangrike woorde hierdie, woorde, wat te dikwels in die kerk geïgnoreer word, wanneer daar oor die gawes van die Gees gepraat word. Hoor dit weer: die een Gees gee aan elkeen afsonderlik daardie gawes, wat nodig is, soos wat Hy wil. Nee, jy kan nie daardie gawes naboots, wat jy nie het nie. As jy nie die gawe van geestelike leierskap het nie, dan kan jy nie maak of jy ‘n leier is nie. En as jy nie die gawe het om in vreemde tale te praat nie, kan jy dit ook nie naboots nie. So ook met elke ander gawe, wat die Gees gee. As jy dit nie het nie, dan het jy dit nie. Dit gaan in elk geval nie oor jou nie. Dit gaan oor die Gees, wat vir jou daardie gawes gee, wat Hy dink jy nodig het om God en ander mee te dien.


Gawes is presies wat die woord sê: geskenke. ‘n Mens verdien dit nie. Jy het dit, omdat die Gees dink jy het dit nodig. En as jy dit nie het nie, dan meen Hy uiteraard iemand anders gaan daardie gawes beter as jy gebruik. Maak dus vrede met daardie gawes, wat die een Gees wel aan jou gegee het.


Gebed:

Ek is tevrede, Here, met daardie genadegawes wat U aan my gegee het. Dankie! Amen.

bottom of page