Profesie is die belangrikste
top of page

Profesie is die belangrikste



Bo al die ander gawes lig Paulus profesie in 1 Korintiërs 14 uit. Volgens hom is dit die belangrikste geestelike gawe. Hy gee ook die rede hiervoor in vers 3. Hierdie gawe doen drie dinge in die lewens van ander: dit bou hulle op, dit bemoedig hulle in hul geloof en dit versterk hulle geestelik. Daarom stof profesie alle ander gawes uit as dit by nuttigheid en die geestelike waarde daarvan kom.


Wat is profesie? Kom ons sê eers vir mekaar wat dit nie is nie. Profesie is nie toekomsvoorspelling, soos wat party mense dit beskou nie. Profete vertel nie vir mense wat daar anderkant die horison oor X aantal jare gaan gebeur nie. God is gekant teen toekomsvoorspellers en waarsêers. Dis ‘n oortreding in sy oë om mense se toekoms vir hulle te probeer voorspel. Nee, profesie is die amptelike bekendmaking van God se wil vir Sy mense hier en nou en in die onmiddellike toekoms deur die menslike spreekbuise wat Hy hiervoor uitgekies het. Ook in die Ou Testament was God se profete die amptelike aankondigers van Sy wil.


Hoe profeteer profete? Op elke plek waar die Gees deur Sy Woord aan die werk is, en waar mense deur prediking, skrifuitleg en geestelike toerusting ander in ooreenstemming met die Bybel tot opbou en tot groei begelei, dáár werk profesie. Maar dit word altyd in ooreenstemming met en vanuit die Bybel gedoen.


Gebed:

Here, laat U profete praat, asseblief. Amen.

bottom of page