Ons kry heel eerste ’n kruis om te dra
top of page

Ons kry heel eerste ’n kruis om te dra


In die tyd van die Nuwe Testament het gelowiges geweet dit is nie ’n ligtelike keuse om Jesus te volg nie. Om Hom te dien het hoë risiko’s ingehou. Mense het geweet Jesus bring ’n swaard van skeiding tussen hulle en hul eie familielede, soos wat Hy sê in Matteus 10. Al was dit nogtans ’n lewensgevaarlike keuse om Hom na te volg, het Jesus nooit Sy oproep aangepas of versag volgens mense se persoonlike omstandighede nie. In Lukas 14 volg Jesus ’n ander roete. Hier sê ons moet die prys, wat dit ons gaan kos om Hom op Sý terme te volg, vooraf bereken. Ons moet voor die tyd besluit of ons kans sien vir Sy pad van opoffering en lewensgevaar. Vandag nog is dit die geval.


Daar bestaan nie verskillende verbruikersvriendelike opsies vir navolgers van Jesus nie. Jesus pas nooit die kruis by ons eie leefstyl en behoeftes aan nie. Dit is net mooi andersom. Om een of ander rede het baie mense die evangelie egter sag, veilig en voorspelbaar gemaak. Dit kos die meeste mense amper niks om Jesus se kruis te dra nie. Geloof pas knus en gerieflik binne die meeste van ons se geriefsones. Jesus verskil drasties hiervan. Geen navolger van Hom word by voorbaat met ’n kroon en ’n troon uitgerus nie. Ons elkeen kry heel eerste ’n kruis om te dra. Dit was nog altyd Jesus se terme. Hier in 2023 het nog niks verander aan die roeping, waarmee Hy ons elkeen roep nie. Hoor asseblief weer Sy woorde in Markus 8:34-35 (NNT):

As iemand graag elke dag My pad saam met My wil stap, sal hy sy wil of wat hy dink belangrik is, moet verruil vir wat Ek wil en wat vir My belangrik is. Net soos Ek sal hy of sy bereid moet wees om ‘n kruis te dra, as dit moet, en om My te volg tot die einde, waarheen die pad ook al mag lei. Glo My, as iemand net aan sy eie lewe en belange dink en dit probeer beskerm, sal hy uiteindelik alles verloor. Maar, as iemand bereid is om sy eie belange ter wille van My en die goeie boodskap van God eenkant toe te skuif, sal God hom nooit vergeet nie. Nee, God sal hom altyd beskerm.”

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page