Om nie te haat nie, is sukses!
top of page

Om nie te haat nie, is sukses!


Niemand wil eintlik deesdae hoor van die ander wang draai nie. Daar is net teveel mense, vir wie ons dit daagliks moet doen. Nogtans is hierdie opdrag van Jesus in die Bergrede nie opsioneel vir ons as Sy navolgers nie. Dit is nie asof Jesus se leringe bedoel is as ’n spyskaart met verskillende geestelike opsies,waaruit ons kan kies wat vir onsself werk en dan die res kan ignoreer nie.


Nee, Jesus sê nie ons moet toelaat dat almal op ons trap, of bo-oor ons loop nie, maar ons wys iets van God se hart as ons die ander wang draai. En as ons nie boekhou van die kwaad nie. En as ons genade bewys aan genadelose mense. En as haatdraende taal uit ons woordeskat verdwyn. Sulke naasteliefde is nooit van ons eie emosies afhanklik nie, maar van ons innerlike geloofskeuses. Ons doen goed aan ander ten spyte van ons gevoelens. Ook leer ons naasteliefde aan vir ander gelowiges en vir ons kinders. Ek lees juis onlangs hoe ’n Midde-Oosterse persoon getuig: “This the biggest success of my life: that I have brought up children who do not hate.” Dink net wat sal gebeur as ons dit in Suid-Afrika begin doen.

bottom of page