Geweeg en swaar genoeg bevind
top of page

Geweeg en swaar genoeg bevind


“Geweeg, geweeg en te lig bevind.” So klink die woorde, wat daar in Daniël 5 teen die muur verskyn om koning Belsasar se regering op te som. Sy heerskappy was met ander woorde ’n liggewig aangeleentheid in die oë van die Here. Daarom was sy uiteinde op hande. Baie van ons sou graag hierdie woorde wou uitroep oor die politici van ons dag, maar wat sou die uitslag wees indien onsself ’n slag in God se weegskaal moet klim?


Sal ons die regte gewigsgrens haal, wanneer God ons weeg? Sal ons “gewigtig” genoeg wees? Sal ons aanvaarbaar in sy oë wees? Wel, ons kan ja sê op hierdie vrae, as ons toelaat dat Jesus Sy gewig ingooi aan ons kant van die skaal! Op eie stoom maak ons dit nie. Glad nie! Wanneer ons egter steun op Jesus se goedheid, asook op Sy offer in ons plek, verander die totale prentjie. Wanneer ons Christus se goeie boodskap omhels, word ons nooit deur God te lig bevind nie. Dit is juis die goeie nuus van die Nuwe Testament dat Jesus Sy eie gewig hier aan ons kant van die weegskaal kom ingooi het.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page