Net seker van die Gees
top of page

Net seker van die Gees


In sy nuutste Heilige Gees artikel, skryf Stephan Joubert oor Jakobus 4:16 en die sekerheid wat dit ons bied.
Net seker van die Gees

Ons is so in beheer van ons lewens en ons wêreld as wat kan kom. Ons selfone maak ons op enige plek bereikbaar. Ons GPS keer dat ons verdwaal. Ons rekenaars sorg vir seepgladde toegang tot die super-informasie hoofweg. Vandag se wêreld is meer effektief as ooit. Tog is die mensdom diep ongelukkig. So bevind die tydskrif Time onlangs. Meer huwelike spat uitmekaar, meer kinders gebruik dwelms en meer gesinne verbrokkel as ooit –ten spyte van ons tegnologie, terapeute en kerklike besigwees. Hoor dus wat skryf Jakobus 4:15-16 (Die Boodskap): Sê liewer: “As ons môre nog leef, sal ons dit of dat doen. Maar dit hang eintlik alles maar van die Here af. Julle praat egter so groot asof alles net van julle alleen afhang.”


Waarvan ons wel seker kan wees, is van God se Gees wat by ons is. Ja, oor Hom kan ons regtig sing en jubel, want Christus waarborg die Gees se nabyheid by ons met sy eie lewe. Maar vir die res is die lewe aan hierdie kant van die dood nie so binne ons beheer as wat ons dink nie. Die een oomblik is ons hier en die volgende oomblik is ons weg. Kies dus slegs vir ‘n lewende verhouding met God. Stel jou lewe elke dag in sy Gees se hand. Maak ‘n gewoonte daarvan om te sê: “As God wil en ek leef, sal ek môre dit of dat doen.”


Gebed
Gees van God, as U wil sal ek môre leef. Maat intussen, dankie vir hier en nou.
Amen

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page