Die eindtyd maak ons nie bang nie
top of page

Die eindtyd maak ons nie bang nie


Met al die hartseer gebeure in Israel is vrae oor die plek van Israel in die laaste dae weer op baie mense se radarskerms. Skielik vertel ‘n paar “kenners” vir ons dit is in die Bybel voorspel en dat die einde van alles op hande is.‘n Paar weke gelede het ek in ’n ander Goeie Nuus-rubriek, wat ek in die dagblad, Beeld, behartig ook oor die eindtyd geskryf, nog voor die geweld in Israel en Gaza uitgebreek het:


“Dit is nog altyd deur die eeue gewild om die wederkoms te voorspel en om elke natuurramp, pandemie, oorlog, of politieke krisis in die Bybel terug te lees. Die bekende sir Isaac Newton (1642-1727) bereken byvoorbeeld dat die jaar 1715 en later weer die jaar 1766 die wederkoms sou inlei. In 2011 bereken Harold Camping weer dat die finale oordeelsdag 21 Mei is, net om dit weer te verskuif na 21 Oktober 2011. Met die uitbreek van die Covid-pandemie in 2020 was enigiets van nuwe wêreldordes tot die laaste dag nogmaals met ons. Maar toe gaan dit verby en die eindtydprofete se klem verskuif blitsvinnig na Poetin en die Oekraïne. En nou weer na aardbewings, vure en ChatGPT!”


Die eindtydbedryf is ’n never-ending story van verkeerd wees en foutiewe Bybelhantering. Dit verkoop daardie idee aan oningeligtes dat die Bybel ‘n toekomsvoorspellingboek is, wat slegs vir ons as die sogenaamde terminal genereration bedoel is. Terwyl sulke “kenners” mense met die jongste bewyse van ’n skrikwekkende eindtyd, wat alweer voorlê bangmaak, wonder ek hoekom hulle moedswillig Handelinge 2:20 en Hebreërs 1:1-2 ignoreer? Hier word uitdruklik geleer dat die laaste dae het aangebreek met Jesus se koms aangebreek het en met die uitstorting van die Gees. Die eindtyd is heel eerste God se tyd. Dit is heel eerste goed-doen-tyd, geloof-uitdra-tyd, reg-leef-tyd. Dis nie bangmaak-tyd of wegkruip-tyd, bloot net, omdat boosheid ook op die toneel is nie. So leer Jesus ons in Matteus 24-25. Ons bid en leef met die verwagting dat God se ewige koninkryk sal aanbreek, maar ons doen dit as aktiewe dienswerkers in Sy aardse wingerd.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page