Liefde versus naakte vrees- ken jy die verskil?
top of page

Liefde versus naakte vrees- ken jy die verskil?


In sy nuutste artikel, skryf Stephan Joubert oor die verskil tussen naakte vrees en liefde as die Gees opdaag.
Liefde versus naakte vrees- ken jy die verskil?

Waar die Gees aan die werk is, raak mense regtig vry. Dis trouens een van die kenmerke van sy werk dat Hy mense van kop tot tone vrymaak om God lief te hê. Wanneer slaafse godsdiens egter nog die oorhand het, verander mense in oordeelsaankondigers. Hulle sien gewoonlik God se straf om elke hoek en draai. In sulke kontekste triomfeer sondesnuffelaars en kenners van al die nuutste oordele wat God binnekort gaan losgelaat het op almal wat nie na Hom luister nie. Daar is prediking io sonde gerig, en nie genade deurdrenk nie. Daar word die een nuwe skuldgevoel na die ander aan mense uitgedeel. Daar weet almal meer van die duiwel as van die Here af; daar weet hulle meer van alles wat verkeerd is in die wêreld as van dit wat reg is met God.


God se liefde is ‘n vreesverdrywer! So vertel Johannes vir ons. Vrees wat nog strafbehep is, verstaan nie God se liefde nie. Sy liefde dring ons om Hom te dien, nie ons vrees vir sy straf nie. God se liefde is die magneet wat die Gees in ons harte plaas wat ons na Hom toe trek. As jy dus nog vir God bang is en met derduisende skuldgevoelens opgeskeep sit, dan het jy die Here se liefde dringend nodig. Dan groei jy nie geestelik in die regte rigting nie.


Gebed
God van liefde, dryf alle vrees uit my hart. Vul my met U teenwoordigheid. Amen
bottom of page