Leiers skep vertroue
top of page

Leiers skep vertroue


Patrick Lencioni het al baie gesê dat goeie verhoudings in ‘n groep of maatskappy nooit sal seëvier sonder hoë vlakke van onderlinge vertroue nie. Die effek van vertroue op produktiwiteit of kollektiewe geestelike resultate, soos in ‘n gemeente, is egter ook geweldig hoog. In sy boek, Business at the speed of trust, sê Stephen R Covey (die seun van die bekende Stephen Covey) dat wanneer die vlak van onderlinge vertroue in ‘n maatskappy laag is, die spoed van besigheid stadig en die koste hoog is. Dit maak sin, want in ‘n konteks met lae vertroue kan besluite nie vinnig geneem word nie en die inkoop is laag en teen ‘n slakkepas. Die proses van oortuiging vir ‘n sekere besluit op leierskapsvlak neem lank.


Wanneer vertroue in die leiers en in mekaar onderling egter is, dan beweeg besigheid vinnig, besluitneming is spoedig en die koste is laer. Daarom is een van die primêre maniere, waarop ‘n individuele geestelike leier of ‘n span leiers hulle mense lei, om ‘n kultuur van vertroue te skep.


Covey noem drie eenvoudige aksies, waarmee leiers kan begin om vertroue te skep. Hierdie drie aksies het te make met motief, agenda en gedrag:


1. Motief: Die omgee vir mense. Wanneer medewerknemers die waarneming maak dat jou innerlike motief werklik is om om te gee, dan genereer dit vertroue by elkeen, wat later deursuur na die hele maatskappy toe. Daarom is woorde, wat gebruik word wanneer daar konfrontasie is, woorde soos: Ek is nie jou vyand nie óf: ek wens jou niks slegs toe nie.


2. Agenda: Wedersydse voordeel. Vertroue word verder geskep, wanneer jou agenda duidelik gemaak word deur te werk en veg vir die voordeel van almal. Jy speel nie partydig en trek net sekere mense voor nie. Daar is regverdigheid en die poging by die ganse leierskapspan is om voordeel te skep vir almal, wat deel is van die groep, te skep.


3. Gedrag: Vertroue word geskep, wanneer daar konsekwent volgens maatskappywaardes opgetree word, wat dan kredietwaardigheid meebring. Dit word veral gedoen deur die maak en nakom van beloftes. Elke keer wanneer beloftes gemaak word aan personeel of medewerkers, word daar verwagtings geskep, want mense onthou beloftes. Wanneer daar dan niks kom van hierdie beloftes nie, word vertroue geskend. Waar die beloftes egter nagekom word, word vertroue gebou.


Hierdie beginsels geld in alle ander areas van invloed ook, vanaf ouerskap tot by evangelisasie.

Sommige skeptiese mense het byvoorbeeld al vir my gesê dat hulle God nie kan vertrou nie, want kyk dan hoe die wêreld ly. Maar Iemand wat Sy lewe aflê vir geen ander oënskynlike rede as om liefde te bewys nie, al is dit in ‘n konteks van swaarkry, kan mos vertrou word.


Leiers skep vertroue, omdat God by hulle vertroue ingeboesem het. Jesus-volgelinge wil betroubaar wees, want God is betroubaar.


Dit behoort dan ons doel ook te wees om in vertroue te leef. Wanneer ons só lei dat mense weer kan vertrou, dan mag hulle dalk leer dat God ook betroubaar is.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page