Jy oes wat jy plant
top of page

Jy oes wat jy plant


Lees 2 Korintiërs 6:1

Ja, dis waar, die Gees verander ons dag vir dag. Dít waarborg Hy in 2 Korintiërs 3. Ons het dit skriftelik op die hoogste gesag in die Bybel self, swart op wit! Maar beteken dit ons moet passief hiervoor sit en wag? Is die Gees se werk in ons lewe iets, wat passief met ons gebeur? Nee, ons moet ook saamwerk. Ons moet ons lewens elke dag aktief tot beskikking van die heilige Gees stel.


Tyd is geld, sê die besigheidsmense. Tyd is veel kosbaarder as dit, sê die Here. Elke dag, wat jy deur jou vingers laat glip om saam met Hom te wandel, is ‘n verlore kans. Dis net nog ‘n verspilde dag, wat jy stilstaan en agteruitgroei. Ja, op die Here se pad gaan jy regtig agteruit as jy stilstaan. As jy nie dag vir dag saam met Hom vorentoe stap nie, raak jy elke slag nog 24 uur agter. As jy van vroeg tot laat net aan jou oorvol program aandag gee en nou en dan so ‘n stukkie afskeeptyd vir God opsy sit, dan moet jy nie te verbaas wees as jy geestelik halfpad aan die slaap is nie. Dan oes jy maar net wat jy elke dag saai - geestelike armoede! Leer daarom betyds die les van jou lewe: Stel jou tyd tot die Gees se beskikking. Doen dit vandag. Môre is nog veels te ver in die toekoms!


Gebed:

Heer, gee dat ek nie vandag sal stilstaan of U genade tevergeefs ontvang nie. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page