Jy leef. Jy het die dood geklop.
top of page

Jy leef. Jy het die dood geklop.


Feodor Dostoyevski (1821-1881), die bekende Russiese skrywer se eie lewe was op 22 Desember 1849 amper verby. Hy is ter dood veroordeel as lid van ‘n literêre vereniging wie se publikasies bedreigend was vir die Tsar. Hy sou op ‘n plein in St Petersburg tereggestel word saam met ander gevangenes. Toe word daar aangekondig dat die tsar besluit het om hulle lewens te spaar. Direk hierna skryf Dostoyevski vir sy broer Mikhail ‘n brief waarin hy oorloop van dankbaarheid vir nog ‘n kans om te leef. Ook vertel hy dat hy by die hekke van die dood was, maar dat hy leef. Nou kan hy al die teenslae van die lewe in die oog kyk. Dit herinner my aan Paulus se woorde in 2 Korintiërs 1. Hy vertel hier dat hy in Efese sulke ernstige teenstand beleef het dat hy geweet het hy sou sterf. Hy het alle hoop laat vaar om te bly leef. Maar toe red God vir Paulus uit hierdie doodsgevaar. Dit was ‘n wonderwerk. Dit was asof God hom uit die dood opgewek het (vers 10). Paulus het die dood in die oë gekyk, maar God was hom genadig. Sy genade is ook genoeg vir ons in Korona-tyd.

bottom of page