Geniet die Here se spesiale geskenk aan jou
top of page

Geniet die Here se spesiale geskenk aan jou


Dit is nie net klein kindertjies wie se breins ontwikkel, terwyl volwassenes se brein kant en klaar gevorm is nie. Sulke beskouings word vandag glad nie meer onder geleerdes aanvaar nie. “Neuroplastisiteit” is juis ook ’n kenmerk van die volwasse brein. In gewone taal beteken dit dat jou brein binne stimulerende omgewings aanhou groei en verander. Goeie nuus, of hoe!


Die Here het ’n wonderlike geskenk aan jou gegee: ’n gesonde kop in werkende toestand. Nog meer, jy het ’n kop wat gedurig tot Sy eer gevorm kan word! Jy is nie permanent uitgelewer aan onwelkome gedagtes of aan goor gevoelens, wat dalk in jou kop kom nes maak het nie. Jy kan verander. In 2 Korintiërs 10:4-5 bevestig Paulus dit as hy sê dat jy al jou gedagtes gevange moet neem. Jy moet hulle diensbaar vir Christus maak. Hierdie roete van nuut dink, nuut voel en nuut doen, is die perfekte hemelse medisyne vir enige kop. Hierdie roete keer dat jy tussen diegene beland, oor wie Paulus in Efesiërs 4 skryf, in wie se koppe daar niks goed gebeur nie. Hulle koppe werk nog, maar dit werk nie op hemelse krag nie! Die Here se vernuwende krag vloei nie deur hulle koppe nie; daarom is alles in hulle lewe donker. Moenie dieselfde fout maak nie. Lees asseblief Efesiërs 4:17-23 (NNT Vertaling) aandagtig deur en leer veral om vers 20-24 deel van jou lewe te maak:


17) As die Here se getuie sê ek vir julle: Moenie agter sondige dinge aanloop nie. Nie-gelowiges doen dit. Hulle drentel heeltyd agter sondige dinge aan. Hulle gedagtes is ’n nuttelose gemors. 18) Hulle koppe is pikdonker. Hulle het geen insig in God se werk nie. Daarom is hulle soos vreemdelinge, wat uitgesluit is van die nuwe lewe, wat God gee. Hulle klipharde harte is die rede hiervoor. Hulle weier om tot bekering te kom. 19) Hulle het alle skaamte en integriteit verloor. Daarom gee hulle hulleself oor aan vieslike immoraliteit. Hulle kan nooit genoeg kry van elke denkbare vorm van sonde en onreinheid nie. 20) Toe julle vir Christus leer ken het, het julle geleer om nie sulke dinge aan te vang nie. 21) Want julle is reg oor Hom geleer. Julle het die waarheid oor Jesus leer ken. 22) Julle is geleer dat julle moet ophou om te leef soos wat julle vroeër geleef het. Daardie sondige mens wat julle eens op ’n tyd was, is vernietig deur sulke bedrieglike begeertes. 23) Julle is geleer om julle manier van dink radikaal te verander. 24) Ook is julle geleer dat julle hierdie nuwe mens, wat na God se beeld gemaak is, soos nuwe klere moet aantrek. Hierdie nuwe mens doen wat reg is en leef ook volkome toegewyd aan God. Dit is hoe die waarheid deur julle sigbaar word.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page