Jesus se groot uitdaging: Word kleiner!
top of page

Jesus se groot uitdaging: Word kleiner!


Stephan Joubert skryf in 'n nuwe midweek Goeie Nuus oor  Jesus se groot uitdaging...
Jesus se groot uitdaging: Word kleiner!

Een van Jesus se uitdagendste leringe is dat as ons eerste wil wees, dan moet ons laaste wees. As ons groot wil wees, dan moet ons klein wees. Dit sê Hy onder andere vir sy dissipels in Markus 10:42 - 45. Van nature glo ons groot is groot en klein is klein, ook op geloofsterrein. Baie meen selfs dit is belangriker om ’n beroemde prediker of evangelis te wees as iemand wat tee skink by die kerk of wat die besoekers verwelkom. Die Here kies om te verskil. In sy oë is die belangrikste mense by enige tafel nie die eregaste nie, maar die kelners, wat hulle bedien. Só vertel Jesus in Lukas 17. Al manier hoe onsself dit gaan regkry om te verskuif vanaf eregaste na kelners, is as ons in ons koppe en in ons harte verskuif vanaf belangrik na onbelangrik; vanaf vernames na dienendes. Ons moet Jesus se nuwe rolle bemeester, wat Hy in Markus 10 uitspel, naamlik dié van slaaf en dienskneg. Dan krimp ons opgeblase ego en ons behoefte aan erkenning. Dan leer ons om te dien en om die minste te wees. Dan word ons groter kleiner en eerste laaste!

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page