Is jy deel van die ge-dreigdes en die be-dreigdes?
top of page

Is jy deel van die ge-dreigdes en die be-dreigdes?


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief oor hoe geestelike dreigemente en driegers lyk.
Is jy deel van die ge-dreigdes en die be-dreigdes?
“Ons moet opstaan vir ons geloof,”

kom sê iemand een keer na kerk vir my.

“Ek kan nie,” sê ek. “Wat bedoel jy?,”

vra die man verbaas.

“Ek kan nie… want ek doen dit lankal,”

antwoord ek. Toe verduidelik ek vir hom ek is nie deel van die dreigers, bedreigdes en gedreigdes in die kerk nie.


Ek het agtergekom min of meer elke tweede preek, praatjie en plasing op sosiale media platforms dreig ons om iets te doen vir die Here, so asof niemand dit reeds doen nie. Ons moet opstaan, uitstaan, aanmeld, praat… Dis al. Geen getuienis word ooit gehoor van gelowiges wat elke dag volspoed aan diens is vir Christus nie. Geen dreiger sien hulle ooit raak nie.


Ek wil nie lewenslank ’n kerklik-gedreigde wees nie. Want ek staan elke dag op vir die Here. Nee, dit is nie ’n vroom getuienis nie. Of 'n bewys van een of ander buitengewone Christelike lewe wat ek leef nie. Dit is die normale Christelike lewe! Daarom dat ek vroegdag by die Heer aangemeld het vir diens. Nog voordat die son halfpad op was, het ek gekies om mense te dien; oor die Here te praat; laste op my skouers te plaas… Want dis die normale Christelike lewe! Ook omring ek myself vandag weer 'n keer met gelowiges wat lankal ophou dreig het om nog iets vir die Here te doen. Ek bedoel daardie mense wat agter die skerms kos gee, bid, getuig, teenstand vat…


Ek praat ook nie gedurig oor herlewing wat blykbaar nog op pad is nie. Ook leen ek nie my ore uit aan “profete” wat sê hierdie of daardie deurbraak wag om die draai nie. Want dan sal ek passief moet sit en wag tot daardie eendag op ’n reëndag. Feit, herlewing is hier, want die Here is hier. Sy Gees is uitgegiet in ons harte.


Nou ja, laat jy jouself be-dreig of af-dreig deur die godsdienstige dreig-koor oor wat jy nog alles moet doen vir die Here? Of bewys jy elke dreiger verkeerd in die Heer se Naam? Omring jouself ook met mense wat elke dag aanmeld vir diens? Vertel dit ’n slag vir al die dreigers wat so besig is om die foute en doodsheid van sommiges raak te sien dat hulle God se ware werke miskyk. Lekker leef vir die Here op hierdie nuwe dag!

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page