Hy sorg dat dit werk
top of page

Hy sorg dat dit werk


In sy nuutste artikel, skryf Stephan Joubert oor waar die Heilige Gees is, dinge werk.
Hy sorg dat dit werk

As mens so rondom jou kyk en sien hoedat kerke by die dag kwyn, dan wil jy vra: “Waar gaan dit alles heen?” En dan wonder jy dalk ook in jou hart hoe jyself sal staande bly tot op die einde? Maar die goeie nuus is dat God nooit die werke van sy hande laat los nie. Hyself bring mense tot geloof en Hyself bly enduit deur sy Gees by ons elkeen. In Filippense 1:6 skryf Paulus op ‘n treffende manier dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal deurvoer tot op die dag van Christus se wederkoms.


God maak klaar wat Hy begin het. As Hy jou red, dan stuur Hy ook sy Gees om jou elke dag in die volle waarheid te lei. Dan kan jy maar weet, die Here sal jou elke keer optel as jy val. Hy sal jou elke slag kom soek as jy verdwaal. Nooit sal jy so ver uit sy hande val dat jy vir altyd wegraak nie. Daarvoor is jy veels te kosbaar. Christus se offer aan die kruis was te hoog om jou willoos deur sy vingers te laat glip as jy die slag in een of ander sonde verdwaal. Die Gees het jou naam en adres. Vir Hom kan jy nooit wegkruip nie. Van Hom af kan jy nie wegvlug nie. Vir die Here kan jy nooit weghardloop nie. Jy is te stadig en Hy te genadig!


Gebed
Dankie! Dankie Here Jesus datU elke dag enduit op u pos is.
Amen

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page