Hoe lyk jou voetspore?
top of page

Hoe lyk jou voetspore?


Op sy oupa se begrafnis se 'n kleinseun: "My oupa het nie modderspore gelaat nie..." Ek voel dadelik skaam en die aan die tye waar ek modderspore agtergelaat het.


Laat jy as ouer navolgenswaardige voetspore in jou kind se lewe? Onlangs lees ek die volgende aanhaling van 'n anonieme bron: "'n Goeie voorbeeld is meer werd as 'n duisend preke." Ons weet dat ouers nogal geneig is om te preek vir hulle kinders. Dit is egter belangrik om daardie beginsels en waardes wat jy graag by jou kind wil vaslê, self uit te leef. Sien jou kind 'n beleefde ouer by die huis, wat almal met respek hanteer? Sien jou kind as jy 'n verhouding met die Here het en dit daagliks uitleef? Leer jy jou kind om uit te reik na mense in nood? In Jakobus 2:14 lees ons: "My liewe broers en susters, wat help dit as 'n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie?"


As jy 'n werkgewer is wat nie modderspore wil laat nie, is dit belangrik dat jou lewe 'n lewende preek is vir jou werknemers. Dit is belangrik dat jy goeie verhoudinge handhaaf by die werk en werklik waarde toevoeg tot jy werknemers se lewens.


As dit vir jou belangrik is om 'n goeie voorbeeld te wees, is dit belangrik om met integriteit te lewe. Mense moet weet dat hulle jou kan vertrou en dat jou woord jou eer is. As jy werklik met integriteit wil lewe, beteken dit dat jy daagliks intensioneel soos Jesus sal probeer lewe. Dit beteken dat jy geen onafgehandelde sake met ander mense sal hê nie en dat jy jou bes sal doen om vertroebelde verhoudings te herstel.Iemand wat nie modderspore wil agterlaat nie, sal sorg dat sy woorde nie letsels laat nie en dat hy/sy eerder opbouende woorde sal gebruik. In Spreuke 12:14 lees ons dat 'n wyse se woorde genesing bring.


As 'n mens mooi en duidelike voetspore wil agterlaat, is dit belangrik om elke dag in Jesus se voetspore te volg. Hy is ons Leermeester en by Hom kan ons die beste leer hoe om te leef.

bottom of page