God is ook daar waar deernis afwesig is
top of page

God is ook daar waar deernis afwesig is


In sy nuutste Goeie Nuus skryf Stephan Joubert dat God ook daar is waar deernus afwesig is.
God is ook daar waar deernis afwesig is

“Ubi caritas et amor, Deus ibi est.” “Waar daar mededeelsaamheid en liefde is, daar is God.” So lui die woorde van ’n ou bekende Christelike lied. Inderdaad! Ons sien God se genade raak, wanneer gelowiges Sy liefde teenoor mekaar uitleef en medelye aan ander bewys. Maar beteken dit God is slegs op daardie plekkeaanwesig, waar sy liefde gesien en ervaar word? Nee! Hy is ook daar waar Hy nie raakgesien word nie. Hy is ook daar waar haat en dood aanwesig is. Jesus se kruis vertel dit hard en duidelik.


Wanneer Jesus gekruisig word, roep Hy in die midde van Sy eie lyding uit: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” Nogtans is God nie heeltemal weg nie. Jesus weet dit. Daarom hoor ons in Lukas 23:46 hoe Hy in Sy sterwensoomblikke uitroep: “In U hande gee Ek My gees oor.” Sy laaste woorde aan die kruis is nie dié van Godverlatenheid nie, maar dié van rus in die arms van Sy Vader. By Jesus leer ons God is orals en altyd hier, selfs al is deernis en medelye afwesig. Daarom weet en glo ons: in lewe en in dood, in liefde en in haat, in hoop en in wanhoop, ja orals is ons God!

bottom of page