Geniet ook die Gees se daaglikse versorging
top of page

Geniet ook die Gees se daaglikse versorging


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Heilige Gees artikel oor hoe om ook die Gees se daaglikse versorging te geniet.
Geniet ook die Gees se daaglikse versorging

My pa het dikwels vir my gesê: ‘Eet stadiger. Geniet jou kos!’ Ek het dikwels gewonder hoekom hy dit vir my sê, maar toe ek groter word, het ek opgelet hoe hy sy kos geniet. Dit was asof hy homself afgeskakel het van almal rondom hom, terwyl hy die tekstuur van elke happie kos geproe en veugdevol geëet het.

Dis belangrik om oomblik na oomblik bewus te wees van wat met jou en rondom jou gebeur. Ons moet in elke oomblik leef en nie slegs uitsien na die volgende een wat nog om die draai op ons wag nie. Ons moet elke oomblik aktief aanwesig wees in die lewe, want die Here Self skenk dit aan ons. Elke dag is ‘n nuwe stukkie feestyd saam met sy Gees. Daarom skryf die Prediker dat kos en vreugde onlosmaaklik aan mekaar verbind is (5:17; 8:15; 9:7). Om te geniet wat jy eet, is ‘n gawe wat jy in die teenwoordigheid van die Here moet vier. Dis ook ‘n bewys dat Sy Gees se goedheid oor jou skyn en dat Hy met Sy bouwerk in jou besig is.

Ek leef soms te onnadenkend. Partykeer sit ek selfs leweloos met ‘n bord kos op my skoot na die TV en staar. Dis ‘n fout. Elke dag het ons geleenthede om die Gees se bouwerk in ons te laat seëvier. Hoor net wat Prediker 2:25 hieroor sê: ‘Wie kan sonder Hom enigiets eet of geniet?’

Gebed

Dankie vir elke stukkie kos op ons tafel vandag, Here. Ons gaan dit saam met U vier! Amen.


bottom of page