Ek is ’n rugsteker, maar God is nie
top of page

Ek is ’n rugsteker, maar God is nie


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief wat ons kan leer by God oor genade.
Ek is ’n rugsteker, maar God is nie
“Moenie mense vertrou wat jou ingedoen het nie.”
“Ek gee mense net een kans. As hulle droogmaak vertrou ek hulle nooit weer nie.”

Ek hoor sulke tipe opmerkings so baie dat ek moet aanvaar mense glo dit regtig. Dan wonder ek wat sou gebeur as God sulke beginsels op ons toepas? Wat sou ons maak as Hy ons net een kans sou gee?


Ek kom agter is ’n rugsteker as dit by God kom. Ek sê gereeld vir die Here ek glo in Hom. Ek sing graag dat ek alles vir Hom gee. En dat ek Hom liefhet. Maar ek moet erken dat ek dit nie altyd doen nie. Ek laat die Here dikwels in die steek. Nogtans vat Hy my elke keer terug. Hy begin elke slag van voor af met my. Hy weet ek besluit keer op keer om Hom nie weer teleur te stel nie… tot ’n volgende keer dat ek dit maar weer doen. Nogtans is sy genadige arms altyd wawyd oop as ek my skuld aan sy voete bely. Die Here weet alles van my af en nogtans het Hy my lief. Dit is pure genade, soos wat Christus se kruis verkondig. Daarom moet ek dieselfde genade wat Hy aan my bewys ook uitleef teenoor ander. Ek kan nie slegs daardie mense vertrou wat my vertrou nie. Of net gaaf wees teenoor diegene wat oulik is met my nie. Ek skuld mense basiese vertroue, al word ek soms ingedoen. Nee, dit beteken nie ek vertrou dwase en skelms nie. Maar ek is by voorbaat liefde verskuldig aan ander, ook al stel hulle my dikwels teleur.


So lyk die moeilike roete van Jesus.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page