Dit is nou ons diensbeurt
top of page

Dit is nou ons diensbeurt


Lees gerus Stephan Joubert se nuutste Goeie Nuus waar hy skryf oor "Dit is nou ons diensbeurt"
Dit is nou ons diensbeurt

Klagtes oor die jeug wat buite beheer is, of politici wat korrup is, is niks nuuts nie. Doer in 1913 het professor G.T.W. Patrick in “The Popular Science Monthly” geskryf dat hy in ‘n museum in Istanbul ’n inskripsie raakgeloop het van die Chaldese koning, Naram Sin (2254-2218 vC). Hy het dit as volg vertaal:

“We have fallen upon evil times… Politics are very corrupt. Children are no longer respectful to their parents.”

Of hierdie koning dit duisende jare gelede gesê het, of nie, alle generasies het uitdagings. COVID-19 maak dit beslis nie vir ons maklik hier in 2021 nie. Nogtans is dit ons nuwe realiteit. As gelowiges aanvaar ons dat hierdie die tyd is waarbinne God ons ontplooi het. As ons kon, sou ons sekerlik in ’n rustiger, vreedsamer tyd wou geleef het. Maar nou ja, ons kan ons klere kies, maar nie die tyd waarbinne ons wil leef nie. 2021 is ons diensbeurt. Dit is nou die tyd dat ons God se koninkryk reg beleef en reg uitleef. Te midde van korruptes, moeilikheidmakers, hooploses, kies ons vanjaar ’n ander roete. Ons kies om God te gehoorsaam. Ons kies om met respek tussen ander mense te leef.

bottom of page