Dit is makliker om met God te praat as met party mense
top of page

Dit is makliker om met God te praat as met party mense


Is dit makliker om met God te praat as met party mense? Lees gerus wat Stephan Joubert skryf in sy nuutset Goeie Nuus.
Dit is makliker om met God te praat as met party mense

Dit is makliker om in gebed met God te praat as met sommige mense. Want:

  • God luister, maar mense luister nie aldag nie.

  • God hoor, maar party mense maak net of hulle hoor.

  • God gryp in, maar baie mense maak dikwels net leë beloftes.

  • God se hulp is ewigdurend, maar mense se hulp is tydelik.

  • God is genadig, maar mense is dikwels sonder enige genade.

  • God vergeef en maak boeke toe, maar mense hou jare lank wrokke teen mekaar.

Psalm 63 beskryf God as die Hoorder van gebed. Daar is vrye toegang tot Sy hemelse troonsaal as ons daar in Christus se Naam aanklop. Maar die Bybel sê in dieselfde asem ons moet baie versigtig in Sy teenwoordigheid wees. Ons verskyn op God se voorwaardes voor Hom. Daarom is ons nooit te selfversekerd as ons bid nie. Of eiewys nie. Nogtans, al is God groot en heilig, laat Hy toe dat klein mensies, soos ons, naby aan Hom mag kom. Daarom is dit kosbaar om met die Here in Christus se goeie Naam te praat. Gebed is ons geestelike suurstof. Gebed is ons lewe.

bottom of page