Bou ’n brug
top of page

Bou ’n brug


In sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief, skryf Stephan Joubert oor hoe ons 'n Bybelse brug kan bou.
Bou 'n brug

Baie min mense hou meer stil om ’n motoris te help, wat langs die pad gestrand is nie. Dis te gevaarlik. Tog hoor ‘n mens orals van sulke goeie Samaritane. Ek onthou van iemand, wat my een keer vertel het hoe hy van sy bakkie deur gewapendes beroof is. Nadat hulle met sy voertuig daar weg is, het hierdie man hulpeloos rondgestaan. 'n Taxibestuurder het van sy moeilikheid gehoor. Toe stap hy nader en sê: “Ek het al my passasiers laat uitklim. Sê net waarheen jy wil gaan, dan neem ek jou!”


Dit is nie waar dat almal net vir hulleself leef nie. Of dat almal net wil baklei en vernietig nie. Wanneer iemand jou nood met jou deel of ’n hand van vriendskap na jou toe uitsteek, gebeur die regte soort lewe steeds hier in 2020. Doen dieselfde. Bou elke dag ’n brug.


Om ’n verskil te maak in die lewe van mense, wat elke dag jou leefpad kruis, is nie so moeilik nie. Jy hoef nie eintlik nie eens so baie te doen nie. Jy moet maar net vir hulle daar wees. Dit is oorgenoeg. Net ’n stukkie van jou tyd, ’n oop hart en ’n oop hand sal die wêreld se verskil aan hulle lewe maak.


Geloof gaan ook oor deernis. Die Gees van God het reeds ’n sagter hart aan jou gegee. Sy omgee en medelye is reeds in jou lewe ingemessel. Daarom kan jy ’n beker koue water vir iemand in Jesus se Naam aandra. Of vrede maak waar mense aan die stry en baklei is. Of oor die straat stap om jou bure te help. Of iemand in die oë kyk met wie jy ’n goor verhouding het en daardie ou boeke toemaak. O ja, onthou: “ekskuus” is steeds die beste brug ooit na ander mense toe. Bou asseblief die regte brûe in Jesus se Naam.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page