Alles ten goede
top of page

Alles ten goede


Lees Romeine 8:28

 

Hierdie is ‘n vers, wat baie kere deur Christene aangehaal word. Dit word dikwels verkeerdelik gebruik om min of meer enigiets, wat met ons gebeur, met ‘n vroom geestelike sousie te bedek. “Alles werk mos ten goede mee,” het al ‘n spreekwoord in die volksmond geword, asof ons fatalisties uitgelewer is aan alles wat met ons gebeur. Nee, Paulus is nie fatalisties wanneer hy dit skryf nie. Hy sê nie iets soos: “Laat God’s water maar oor God’s akker loop nie” of: “Daar’s ‘n doel met alles nie.”

 

Vir Paulus is die ten goede meewerk van alles in ons lewe ten nouste aan die Gees se werk en aan God se roeping gekoppel. Wanneer die Gees volgens God se wil vir ons bid, word Sy wil vir ons in werking gestel en wanneer dít gebeur, word ons in lyn met God se roeping vir ons lewe geplaas. Dan is ons nie blote noodlotslagoffers nie. Dan is ons nie willoos uitgelewer aan die wreedhede en toevallighede van die lewe nie. Nee, dan is ons in God se hande, wat ook al gebeur. Dan werk dinge tot God se eer. Let wel, die ten goede werking is nie vir ons eie voordeel bedoel nie, maar vir God S’n. Al lyk dinge vir onsself chaoties en soms buite beheer, beteken dit nie dieselfde geld vanuit God se perspektief nie. Daarom hoef ons nie alles te verstaan wat die lewe na ons kant toe aangee nie.

 

Gebed:

Here, laat u wil geskied, ook in my lewe. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page