Genade hou aan vergeef
top of page

Genade hou aan vergeef


Petrus dink hy vat godsdiens na nuwe plekke toe daar in in Matteus 18. Hy stel naamlik voor om die vergifnis-limiet vanaf drie keer na sewe keer te verhoog. Dit is meer as dubbeld wat godsdienstiges bereid was om te doen. Wat ’n “ruim” aanbod van die kant van Petrus aan Jesus! Nou gaan godsdiens vooruit! Of dalk nie. Jesus is nie beïndruk met Petrus se vergifnis-opgradering nie. Hy vertel dadelik vir sy dissipels ‘n gelykenis van ‘n man wat tienduisend talente aan ’n koning verskuldig was. Om dit in perspektief te stel- die gesamentlike belastingskuld van die provinsies van Judea en Galilea aan Rome in die eerste eeu was seshonderd talente per jaar. Hierdie man skuld dus letterlik honderde miljoene rande. Toe hy berou het omdat hy nie kan betaal nie, kry die koning hom jammer en skryf sy skuld af. So is God. Ons skuld Hom miljoene, maar een opregte daad van berou vee dit alles uit. Maar dan moet ons ook genade betoon aan mekaar. So vertel Jesus ook. Ons moet nie soos hierdie man in Jesus se gelykenis wees wat daarna steeds genadeloos teenoor ander opgetree het nie. God vergewe ons onvoorwaardelik. Ons leef ook so teenoor mekaar.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page